Choose your language:…..Afrikaans……….English

Ons monument, ons toekoms

100-jaar viering van die Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument, die eerste monument ter wêreld toegewyd aan vroue en kinders, is op 16 Desember 1913 geopen. Hierdie jaar vier ons die 100-jaar bestaan van die monument en herdenk die ideale van voormalige President M.T. Steyn en Emily Hobhouse. Die fees beoog om ‘n bewustheid van, deelname aan en eienaarskap deur alle gemeenskappe vir die Nasionale Vrouemonument te skep, om mense bymekaar te bring om die tema van vroue- en kinder lyding en hoop. Om daaroor te besin, te leer en dit te vier; om die Nasionale Vrouemonument te vestig as ‘n ikoniese en lewende erfenisterrein, ‘n verwysings- en toerisme bestemming; en om ‘n nalatenskap en basis te skep sodat die terrein volhoubaar kan ontwikkel en in stand gehou word vir komende geslagte.

> Lees meer oor die geskiedenis van die Nasionale Vrouemonument

Wil jy ‘n bydrae maak aan die Nasionale Vrouemonument? Kyk na ons ontwikkelingsidees of maak ‘n donasie.
Toggle

 

Aankondigings

  • Vrouemonument steentjie projek

Vrouemonument steentjie projek

This website is also available in: English

Piet Strauss

Hierdie databasis dui die name aan van vrywillige donateurs wat die restorasie van die Nasionale Vrouemonument in 2013 moontlik gemaak het. Indien u naam nie op die lys verskyn nie, kontak ons gerus sodat ons dit kan regstel.

Gebruik die soek funksie om spesifieke name op te spoor. Die soekveld sal [...]

  • Tradisionele Volkspele te sien tydens fees

Tradisionele Volkspele te sien tydens fees

This website is also available in: English

Ernie Langer

Volkspele het ontstaan sowat 2 maande na die inwyding van die Vrouemonument, grootliks deur die dryfkrag en entoesiasme van dr. Henri Pellisier. Na ‘n besoek aan Swede in 1912, waar hy met die Sweedse volksang en -danse kennis gemaak het, beywer Dr. Pellisier homself vir ons eie drag, liedere en [...]

  • St. Michael’s to lead mass choir

St. Michael’s to lead mass choir

This website is also available in: English

Marilise van Rooyen

St. Michaels, one of the oldest girls’ schools in South Africa, will lead the mass choir performance to conclude Saturday evenings’ programme during the monuments’ 100-year celebrations. Under the direction of Marilise van Rooyen and accompanied by Johan Cromhout, the group consists 240 learners from St. Michaels, Eunice, Grey [...]

Ons Vriende

Anglo-Boere Oorlog Museum van die Boere Republieke

imgresBesoek webblad

 

Die Anglo-Boere Oorlog van 1899 tot 1902 was een van die mees beduidende gebeure in die geskiedenis van Suid-Afrika. Alhoewel Brittanje en die twee Boere Republieke die protagoniste was, is die totale bevolking van Suid-Afrika óf direk óf indirek deur die oorlog beïnvloed.

 

Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

atkvBesoek webblad

 

Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek

 

Die Voortrekkers

EmbleemVisit website

 

Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees. Elke lid gaan sy volle potensiaal bereik deur geleenthede te gebruik om effektiewe persoonlike leierskap te ontwikkel.