This website is also available in: English

Vrouedag, 9 Augustus 2013

Vrouedag

Nasionale Vrouedag is op 9 Augustus by die Vrouemonument gevier. Emily Hobhouse koshuis van die Universiteit van die Vrystaat saam met Me. Jackie Ntsingila, Me. Magdaleen Schoch, Hlonipa Matshamba, Heidi Gevers, Lesedi Finger en Annemé van Rooyen (Graad 1-leerders) het ‘n krans by die monument gelê. Vicky Heunis van Emily Hobhouse koshuis het ook ‘n inspirerende toespraak gelewer oor die bekende ikoon van die Anglo-Boereoorlog met dieselfde naam.

restourasie

Restourasie aan die Vrouemonument

27 Mei, 2013

Op 1 April is daar met restourasie aan die monument begin, waarvan die koste tans R533 000 beloop. Volgens Straus het Afrikaners hul beursies oogemaak en sodoende gesorg dat hierdie deel van die geskiedenis vir nageslagte bewaar sal word. Kliek op die foto hierbo om na die galery te kyk.

burgersterftes

Burgersterftes Kranslegging Seremonie

25 Mei, 2013

‘n Kransleggingseremonie is by die Nasionale Vrouemonument gronde gehou ter nagedagtenis van die burgers wat in die Anglo-Boereoorlog oorlede is. Kranse is voor die Burgersterftes op Kommando herdenkingsmuur gelê. Klik op die foto hierbo om na die galery te kyk.

oms

C&N Meisieskool Oranje (Galery 1)

12 April, 2013

C&N Meisieskool Oranje het hulle 106de verjaardag gevier en gesamentlik die 100-jaar feesvieringe van die Nasionale Vrouemonument afgeskop. Kliek die foto om die foto galery te sien.

oms2

 C&N Meisieskool Oranje (Galery 2)

12 April, 2013

C&N Meisieskool Oranje het hulle 106de verjaardag gevier en gesamentlik die 100-jaar feesvieringe van die Nasionale Vrouemonument afgeskop. Kliek die foto om die foto galery te sien.

NWM Terrain

Nasionale Vrouemonument terrein

16 May, 2013

Vida van Schalkwyk het ‘n paar mooi fotos van die Nasionale Vrouemonument en omliggende terrein afgeneem. Om die fotos te sien, kliek die foto.

interessanthede

Interessante fotos van die Monument

10 April, 2013

Kliek die foto om na interessante fotos van die Vrouemonument te besigtig. Hierdie reeks sluit in onder andere ongelooflike historiese fotos van die onthulling van die monument.