This website is also available in: English

Agtergrond

National Women's Memorial

Nasionale Vrouemonument, Bloemfontein. Foto: Lisa Smets

Ligging

Die Nasionale Vrouemonument is geleë in die suidelike gedeelte van Bloemfontein in Monumentweg in die woonbuurt, Faunasig, op dieselfde terrein as die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke. Die groot, oop ruimtes en ongerepte veld wat die terrein van die Vrouemonument omring, versinnebeeld die ongerepte Vrystaatse veld en landskap van destyds.

Die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902)

Een van die mees beduidende gebeure in die geskiedenis van Suid-Afria was die Anglo-Boereoorlog van 1899 – 1902. Alhoewel die protagoniste Brittanje en die twee Boere Republieke was, is die hele Suid-Afrikaanse populasie op ‘n direkte of indirekte manier deur die oorlog beïnvloed.

President Steyn se oproep

President Marthinus Theunis Steyn, gewese president van die Vrystaat, het die oproep gedoen dat ’n monument opgerig moet word ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog dood is.

First Working Committee, with Pres. Steyn as Chairman

Eerste werkskommittee, met Pres. Steyn as voorsitter. Foto: Verskaf deur Corlietha Swart

Die 1907 konferensie

In Februarie 1907 is die eerste konferensie hieroor in Bloemfontein gehou, en is daar besluit om £10 000 (R20 000) vir die oprigting van ’n gedenknaald in te samel.

Fondsinsameling

Die hoogs verarmde Afrikanervolk het entoesiasties gereageer ondanks die geringe finansiële middele tot hul beskikking en het met hul tiekies en pennies die verlangde bedrag ingesamel. . Vier jaar later was méér as die voorgestelde bedrag bymekaar.

Onthuldiging van die monument

Op 16 Desember 1913 is die Vrouemonument in die teenwoordigheid van meer as twintigduisend mense deur mev. Steyn, vrou van die oudpresident, onthul. Emily Hobhouse, ’n uiters meelewende Britse vrou wat ondanks teenstand in haar eie land baie gedoen het om die aandag op die lyding van die Boerevroue en -kinders in die kampe te vestig, het spesiaal uit Engeland gekom om die plegtigheid waar te neem, maar het weens swak gesondheid nie verder kon kom as Beaufort-Wes nie. Haar toespraak is wel deur Charles Fichardt (gesiene Bloemfonteinse sakeman en lid van die eerste Nasionale Vrouemonumentekommissie) voorgelees.

Unveiling of the National Women's Memorial

Onthulling van die Nasionale Vrouemonument voor ‘n skare van 20,000. Foto:
Verskaf deur Johan van Zyl

Ook president M.T. Steyn was glad nie meer gesond tydens die onthulling van die Vrouemonument nie. Hy het dit wel bygewoon, maar sy boodskap moes deur mnr. Rocco de Villiers (Vrystaatse Staatssekretaris) voorgelees word. Sy inleiding het as volg gelui:

””

””

“Dit

””

Hy het verder sy mense met erns daaraan herinner dat dit nie baat om monumente vir die dooies op te rig terwyl die lewendes toegelaat word om in armoede en ellende te versink nie. En ook: Hierdie monument staan dus nie hier om haat aan te wakker nie, maar om liefde te bevorder, want ek sien die dag dat elke deel van die Suid-Afrikaanse volk – van watter oorsprong dit ookal mag wees, indien met ‘n ware Suid-Afrikaanse gees besiel – die deugde deur hierdie monument verewig, as sy gemeenskaplike erfdeel sal beskou. Ter afsluiting het sy boodskap gelui:

””

””

”Laten

””

> Nasionale Vrouemonument