This website is also available in: English

Kunswerke

Emily Hobhouse het op Springfonteinstasie ‘n moeder met ‘n sterwende kind gesien. Sy het dié onuitwisbare en ontstellende toneeltjie aan die beeldhouer, Anton van Wouw, oorgedra en dit het as inspirasie vir die roerende beeldefigure van twee vroue, waarvan een ’n sterwende kind vashou, voor die Vrouemonument gedien.

Sculpture at the base of the National Women's Memorial

Beeld aan die voet van die Nasionale Vrouemonument. Foto: Vida van Schalkwyk

Dit het later sinoniem met die lyding van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe geword. Dit het ook goed ingepas by president Steyn se oorspronklike motivering om ‘n monument te wy aan vroue en kinders na aanleiding van die vroueleed van die Driejarige Oorlog.

Op die voetstuk, waarop die beelde rus, staan die volgende woorde in Nederlands (die taal waaruit Afrikaans ontwikkel het):

AAN ONZE

HELDINNEN

EN LIEVE KINDEREN

“UW WIL GESCHIEDE”

“Dit Nationaal Monument is opgericht ter nagedachtenis aan de 26,370 vrouwen en kinderen die in de concetratiekampen zyn omgekom en aan de andere vrouwen en kinderen die elders tengevolge van den oorlog 1899 – 1902 zyn bezweken.”

Engraving at the base of the National Womens' Memorial

Gravering aan die voet van die Nasionale Vrouemonument. Foto: Lisa Smets

Beeldfigure

Roerende figure beeld onvergeetlike tonele uit die Anglo-Boereoorlog uit vir toekomstige generasies.

Die Afskeid (1986). Sculptor: Danie de Jager. Photo: Lisa Smets

Die Afskeid (1986). Beeldhouer: Danie de Jager. Foto: Lisa Smets

Die Afskeid (1986)

Die indrukwekkende “Afskeid” begroet besoekers aan die Nasionale Vrouemonument. ‘n Boere soldaat neem afskeid van sy vrou en kind nadat hy geroep is na kommando vir die oorlog teen Groot Brittanje. Die beeldfiguur is in Italië gegiet en is deur Generaal Magnus Malan, die Minister van Verdediging, onthul.

Bedoel as een van vyf beelde vir die Nasionale Vrouemonument terrein in Bloemfontein om die Anglo-Boereoorlog uit te beeld, is hierdie die tweede uit drie van ‘n beplande groep van vyf beelde (Afskeid, Banneling, Bittereinder, Die Familie en Die Agterryer) wat gerealiseer het. Die sandsteen voetstuk is deur die Boltstone firma opgerig. Beduidende kontroversie het die oprig van die beeld omring in die Suid-Afrikaanse media en verskeie vooraanstaande individue en organisasies het tot die debat bygedra. Fondse vir die beeld is deur die Raad van Organisasies vir Militêre Veterane, die Nasionale Vrouemonumentkommissie, die SA Raad van Oorlogsgrafte en die Burgergedenktekenkomitee ingesamel.

Die Banneling (1983). Beeldhouer: Danie de Jager. Foto: Lisa Smets

Die Banneling (1983). Beeldhouer: Danie de Jager. Foto: Lisa Smets

Die Banneling (1983)

Die Banneling, ook deur die kunstenaar Danie de Jager, is ontwerp na aanleiding van adv. C.R. Swart se voorstel dat krygsgevangenes, met ontoeganklike grafte oorsee, by die Vrouemonument herdenk moes word. Die Banneling is die eerste van die 3 beelde van die beplande groep van vyf wat gerealiseer het.

Die beeld is moontlik gemaak met behulp van finansiële bydraes deur Die Burgergraftekomitee van die RNG asook General Mining Union Corporation Bpk. Rondom die voetstuk verskyn op ‘n brons plaat, die name van gestorwe burgers in alle krygsgevangenekampe en op skepe.

Die Bittereinder (1994). Sculptor: Danie de Jager. Photo: Lisa Smets

Die Bittereinder (1994). Beeldhouer: Danie de Jager. Foto: Lisa Smets

Die Bittereinder (1994)

Die Bittereinder versinnebeeld ‘n patriot en stryder tot die bittere einde toe op sy gehawende perd, vegtend vir die Afrikaner se behoud en vryheidsideaal. Bedoel as een van vyf beeld vir die terrein van die Oorlogmuseum wat die Anglo-Boereoorlog moes uitbeeld. Die “Banneling” is die tweede van die drie beeld uit die beplande groep van vyf (Afskeid, Banneling, Bittereinder, Die Familie en Die Agterryer) wat gerealiseer het.

Ossewaspore

’n Entjie van die monument is ’n sementblad met wawielspore, wat daar aangebring is tydens die Simboliese Ossewatrek van 1938. Om die Groot Trek van honderd jaar tevore (1838) te gedenk, was daar in 1938 weer verskillende geselskappe wat met ossewaens deur die land getrek het en daarom is dit die “Simboliese Ossewatrek” genoem. Ontleders sê hierdie eeufees het ’n besondere rol gespeel om die Afrikaners as ’n volk te herenig.

Die Bittereinderpoort

Die argitek, Hennie van der Walt, is versoek om ‘n gepaste toegangspoort tot die Vrouemonumentterrein te ontwerp na voltooiing van die terreinuitleg in 1974. Die toegangspoort sou statigheid aan die ingang verleen.

Entrance to the National Women's Memorial. Architect: Hennie van der Walt. Photo: Lisa Smets

Bittereinderpoort. Argitek: Hennie van der Walt. Foto: Lisa Smets

> Grafte