This website is also available in: English

Rolspelers

President Martinus Theunis Steyn (1857 – 1916)

Pres. M.T. Steyn (1857 - 1916)

Pres. M.T. Steyn (1857 – 1916).

Martinus (of Marthinus) Theunis Steyn was ‘n Suid-Afrikaanse prokureur, politikus, staatsman en laaste president van die Republiek van die Oranje Vrystaat van 1896 tot 1902.

Steyn is in Winburg in die Vrystaat gebore. Nadat hy sy studies by Grey Kollege voltooi het, is hy Nederland toe waar hy regte by Leiden Universiteit gestudeer het. Later trek hy Engeland toe waar hy by die Inner Temple studeer en is na die balk van Engeland geroep in November 1882. Na sy terugkeur na Suid-Afrika begin hy sy eie praktyk as advokaat in Bloemfontein. In 1889 word Steyn aangestel as staatsprokureur van die Oranje Vrystaat. Enkele maande daarna word hy gewone regter en in 1893 eerste gewone regter van die hoogeregshof. Sy besluite het hom eer verdien as ‘n man met vermoë en gesonde oordeel.

Steyn is van vroeg af, saam met verskeie ander vooraanstaande Vrystaters, deur die slim Duitser Borkenhagen beïnvloed. Borkenhagen was redakteur van die Bloemfontein Express nuusblad, en in 1881 stig hulle gesamentlik die Afrikaner Broederbond.

In 1895, met die bedanking van staatspresident F.W. Reitz, staan Steyn as kandidaat can die Pan-Nederlandse Party vir die pos. Die verkiesing word in February 1896 gehou en eindig in ‘n oorweldigende oorwinning vir Steyn wat sodoende president word. Die begin van die Suid-Afrikaanse Oorlog (Tweede Boereoorlog) in 1899 het veroorsaak dat Steyn sy hulpbronne met die van Transvaal koppel en as bondgenote staan teen die Britse mag. Terwyl die Oranje Vrystaat onder Britse besetting was, het Steyn sy regering van die veld af bestuur. Hy het ‘n sleutelrol in die Boere weerstand and organisasie van guerilla oorlogvoering gespeel.

Gesien as een van die mees onversoenbare Boer leiers, het Steyn wel deelgeneem aan die voorafgaande vrede onderhandelinge in Klerksdorp, April 1902, maar is deur siekte verhoed om die Verdrag van Vereeniging te teken in Pretoria op die 31ste Mei. Die verdrag het die onafhanklikheid van die Republiek van die Oranje Vrystaat gekos, asook Pres. Steyn se termyn as president. Teen 1902 was Steyn ernstig siek aan myasthenia gravis aangebring deur sy konstante inspanning. In Julie, 1902 het Steyn vertrek na Europe, waar hy gebly het tot die herfs van 1904.

Emily Hobhouse (1860 – 1926)

Emily Hobhouse (1860 - 1926)

Emily Hobhouse (1860 – 1926)

Emily Hobhouse was ‘n Britse welsyn kampvegter, wat primêr bekend is vir die rol wat sy gespeel het om die Britte bewus te maak van die haglike toestande in die Britse konsentrasiekampe, wat gebou is vir Boere vroue en kinders tydens die Tweede Boereoorlog in Suid-Afrika. Sy het die Britte gemotiveer om verandering in die toestande aan te bring. Emily is gebore in St. Ive, naby Liskeard in Cornwall. Sy was die dogter  van Caroline Trelawny en Reginald Hobhouse, ‘n Anglikaanse rektor en die eerste aartsdiaken van Bodmin. Haar broer was Leonard Trewalny Hobhouse, die bekende sosiale liberaal. Emily het ’n groot invloed gehad op haar kleinneef, Stephen Henry Hobhouse, ‘n belangrike Britse vrede aktivis.

Haar moeder is oorlede toe sy 20 jaar oud was, en sy het die volgende veertien jaar van haar lewe na haar siek pa omgesien. Toe haar pa oorlede is in 1895, het sy getrek na Minnesota om daar welsynwerk te doen tussen die mynwerkers wat daar gebly het. Dié reis is gereël deur die Aartsbiskop van Canterbury se vrou. Daar het Emily verloof geraak aan John Carr Jackson en die paartjie het ‘n plaas in Mexico gekoop. Die verlowing het egter nie geslaag nie en is verbreek. In 1898 keer Emily terug na Engeland nadat sy meeste van haar geld in ‘n spekulatiewe onderneming verloor het.

Haar bruidsluier (wat sy noit gedra het nie) hang in die hoofkantoor van die Oranje Vrouevereniging in Bloemfontein, the eerste vroue welsynsorganisasie in die Oranje Vrystaat, as ‘n simbool van haar vasbeslotenheid tot die opheffing van vroue.

Toe die Tweede Boere Oorlog in Oktober 1899 in Suid-Afrika uitgebreuk het, het ‘n liberaal LP, Leonard Courtney, Hobhouse genooi om die sekretaresse van die vrouetak van die Suid-Afrikaanse Versoenings Kommitee te word, waarvan Courtney die president was.

Hobhouse het geskryf:

””

””

It

””

Sy het die Noodfonds vir Suid-Afrikaanse Vroue en Kinders opgestel en na die Kaapse Kolonie gevaar op 7 Desember 1900, om toesig te hou oor die verspreiding van die fondse. Sy het later geskryf:

””

””

I

””

Toe sy weg is uit Engeland, het Emily slegs geweet van ‘n enkele konsentrasiekamp by Port Elizabeth. Op aankoms in Suid-Afrika, het sy uitgevind oor die vele ander kampe (34 in totaal). Hobhouse het  ‘n brief van bekendstelling aan die gowerneur, Alfred Milner, gehad van haar tante af, die vrou van Alfred Hobhouse. Arthur Hobhouse was die seun van Henry Hobhouse, permanente onder-sekretaris vir die Regering, onder Sir Robert Peel, wat vir Milner geken het. Vanaf Milner het sy die gebruik van twee treintrokke gekry, afhangende van kommandeer Kitchener se toestemming. Sy het twee weke later Kitchener se toestemming gekry en ongelukkig het dit haar slegs toegelaat om so ver as Bloemfontein te reis en ’n enkele trok te gebruik vir voorrade vir die kampe, wat ongeveer 12 ton was.

Op haar terugkeer na Engeland het sy geweldige kritiek en vyandigheid vanaf die Britse regering en media ontvang, maar het daarin geslaag om nog fondse te kry vir die oorlogslaggoffers. Die Britse Liberaal leier van die tyd, Sir Henry Campbell-Bannerman het dit veroordeel as “barbaarse metodes”. Die Britse regering het uiteindelik ingestem om die Fawcett Kommissie op te stel om Emily se eise te ondersoek, onder Millicent Fawcett, wat haar rekening van die haglike toestande bevestig het.

Hobhouse het teruggekeer na die Kaap in Oktober 1901, maar het nie toestemming gekry om te land nie en is sonder rede, 5 dae na haar aankoms, gedeporteer. Sy is toe na Frankryk, waar sy die boek “The Brunt of the War and Where it Fell” geskryf het, oor wat sy gedurende die oorlog gesien het. Haar missie was om te help om die wonde wat die oorlog gelos het te help genees en om versoeningspogings aan te help. Met hierdie doel ingedagte, het sy Suid-Afrika weer besoek in 1903. Sy het besluite om Boere tuisnywerhede op te stel en om jong vroue te leer spin en weef. In 1905 is sy weereens terug Engeland toe as gevolg van slegte gesondheid, waarvan sy nooit herstel het nie.

In 1913 het sy weer deur Suid-Afrika gereis vir die onthulling van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, maar moes in Beaufort Wes stop as gevolg van haar verswakkende gesondheid.

 

Francois Soff (1867 – 1936)

Francois Soff, gebore Amsterdam, Nederland Oktober 1867, oorlede Saal 6, Pretoria Algemene Hospitaal, Pretoria, Suid-Afrika 25 Januarie 1936 weens ’n abses in sy longe na ’n operasie in September 1935, hy is onder behandeling van dr Louis Wagner vir 4 maande voor sy dood vir die abses. Soff word begrawe in die Nuwe Begraafplaas, Pretoria in graf nommer 2704 Dutch B. Sy testament opgestel te Pretoria 28 Desember 1935 bepaal dat sy persoonlike effekte, ingesluit sy klereasie, boeke en gereedskap wat op die plaas van Jan de Braal, boer van Klipfontein, Belfast aan Jan de Braal moet gaan en die restant van sy boedel moet aan sy vriend Robert Frederick Francis, jnr., werksaam by Departement Openbare Werke gaan.

Soff het in Amsterdam as argitek gewerk en ook ’n kunsloopbaan daar gevolg het. Hoogswaarskynlik was hy ook beïnvloed deur die elfjaar ouere Hendrik Petrus Berlage (1856 – 1934), een  van Nederland se mees invloedrykste argitekte, wat o.a. die beroemde Koopmansbeurs (tans bekend as ’de Beurs van Berlage’) ontwerp het. Waarskynlik was Soff een van Kruger’s Hollanders en kom vroeg in die 1890’s na Suid Afrika as argitek en beweeg in die artistieke kringe van Pretoria waar hy o.a. Pierneef, van Wouw, de Zwaan, ens. leer ken.

In 1895, hy was toe in vennootskap met argitek W J de Zwaan, ontwerp hy Hollard House vir advokaat Hollard in Jacob Marestraat 249, oprigtingkoste £10,000, kontrakteur Mr. Turner. As lid van die Pretoria Club ontvang hy en de Zwaan opdrag om die nuwe vleuel van die klubgebou te ontwerp. (Old Ivory and Roses). In 1904 ontwerp hy die Reserve Investment Building, Kerkplein nr. 2, Pretoria, tans bekend as Café Riche.  Soos eerder gestel was Soff ‘n latere tydgenoot van Berlage en kom dit ook in die argitektuur van die gebou tot uiting naamlik  die Europese Jugendstil of Art Nouveaustyl. Anton van Wouw doen die relief ontwerp van Mercurius op die hoekgewel. Meiring vermoed dat De Zwaan en Soff ook die ontwerpers van die herehuis in Parkstraat, Arcadia (tans Courtyard Hotel)  op die hoek van Hillstraat was. De Zwaan en Soff het in 1913 hulle kantore in Banklaan, Kerkplein, Pretoria gehad. Die vennootskap het van 1895 tot 1923 geduur.

In 1913 in samewerking met Anton van Wouw dien hy ’n ontwerp in vir die Nasionale Vrouemonument Bloemfontein en hulle ontvang die opdrag om voort te gaan. Op ongeveer sestigjarige leeftyd (1926) bedank hy as lid van die Association of Transvaal Architects en daar word vermeld dat hy ’n aktiewe lid was. Daarna woon hy met ‘n vriend in die Belfast Distrik (Mpumalanga).

Daar word op 26 Oktober 1929 onderhandel met die boumeesters wat verantwoordelik was vir die ontwerp van die Vrouemonument, vir die oprigting van ‘n museum naby die monument. Op 23 Desember 1929 was die oprigting van die Museum ‘n voldonge feit. Die Boukommissie van die Nasionale Vrouemonumentkommissie, bestaande uit prof. ds.  J.D. Kestell, sen. W.J.C. Brebner, mnre. Gordon Fraser en H.J. Otto het op 21 Desember 1929 die besluit gefinaliseer en is besluit dat die gebou teen die helling van die koppie ten weste van die pad naby die Monument gebou sal word. Om te verseker dat die boustyl van die Museum by die van die Monument sal aanpas, is die ontwerp van die gebou weer aan die argitek Frans Soff van Pretoria toevertrou. Die hoeksteenlegging vind op Saterdagoggend, 26 April 1930 om elfuur plaas en sen. W.J.C. Brebner die hoeksteen van die Oorlogsmuseum gelê het. Die amptelike opening vind plaas op 30 September 1931 deur genl. J..B.M. Hertzog, Ds J. D. Kestell het die verrigtinge met ‘n gebed geopen. Hierna was genl Hertzog aan die woord. In 2012 word die museum opgegradeer deur onder andere die aanbring van hysbakke ten einde die museum meer gebruiker vriendelik te maak.

Danie de Jager (1936 – 2003)

Danie de Jager (1936 - 2003)

Danie de Jager (1936 – 2003)

Danie de Jager, die kleinseun van ‘n Boerekommandant, is op 21 Junie 1936 in die distrik van Germiston gebore.

Sy liefde vir diere begin toe hy by  Thabazimbie in die Bosveld opgroei. In 1952 begin sy opleiding in kuns aan die Johannesburg Kunsskool en werk daarna as handelskunstenaar. Hy ontvang sy eerste groot opdrag tydens die Uniefees van 1960 toe hy 85 karnavalkoppe moes skep.

Met aanmoediging van Anna Neethling-Pohl en Elsa Rautenbacht met wie hy later getroud is, wy hy hom voltyds toe aan beeldhou. As 24-jarige verwerf hy in 1961 die tweede prys vir die internasionale prysvraag kompetisie om ’n Smuts-beeld in Kaapstad. In 1968 word sy voorstel vir die Hertzog Monument in Bloemfontein as wenner aangewys. Met sy roem gevestig maak hy beelde van allerlei temas (diere, volksleiers, ’n militêre paneel en ook drie groot beelde vir die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke) in verskeie style, hetsy realisties of abstrak.

In sy leeftyd het hy meer as sewentig groot beelde voltooi. Sy laaste en grootste opdrag, die voorarm vir die beoogde Vryheidsmonument, sou hy egter nooit enduit kon sien nie weens sy dood.