This website is also available in: English

Ons monument, ons toekoms

Idees 100

100-jaar viering van die Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument, die eerste monument ter wêreld toegewyd aan vroue en kinders, is op 16 Desember 1913 geopen. Hierdie jaar vier ons die 100-jaar bestaan van die monument en herdenk die ideale van voormalige President M.T. Steyn en Emily Hobhouse. Die fees beoog om ‘n bewustheid van, deelname aan en eienaarskap deur alle gemeenskappe vir die Nasionale Vrouemonument te skep, om mense bymekaar te bring om die tema van vroue- en kinder lyding en hoop. Om daaroor te besin, te leer en dit te vier; om die Nasionale Vrouemonument te vestig as ‘n ikoniese en lewende erfenisterrein, ‘n verwysings- en toerisme bestemming; en om ‘n nalatenskap en basis te skep sodat die terrein volhoubaar kan ontwikkel en in stand gehou word vir komende geslagte.

> Deel 1: Prikkel

Laai die ontwikkelingsplan af