Stories

Vrouemonument steentjie projek

Piet Strauss

Hierdie databasis dui die name aan van vrywillige donateurs wat die restorasie van die Nasionale Vrouemonument in 2013 moontlik gemaak het. Indien u naam nie op die lys verskyn nie, kontak ons gerus sodat ons dit kan regstel.

Gebruik die soek funksie om spesifieke name op te spoor. Die soekveld sal op ‘n persoon se naam of van reageer.

 

 

 

Tradisionele Volkspele te sien tydens fees

Ernie Langer

Volkspele het ontstaan sowat 2 maande na die inwyding van die Vrouemonument, grootliks deur die dryfkrag en entoesiasme van dr. Henri Pellisier. Na ‘n besoek aan Swede in 1912, waar hy met die Sweedse volksang en -danse kennis gemaak het, beywer Dr. Pellisier homself vir ons eie drag, liedere en danse.  Op 22 Februarie 1914 op die plaas Vuisfontein, naby Boshof, is die eerste Volkspele vertoon.  Dit is ‘n volksdans wat deur Afrikaners beoefen word en is uniek [...]

St. Michael’s to lead mass choir

Marilise van Rooyen

St. Michaels, one of the oldest girls’ schools in South Africa, will lead the mass choir performance to conclude Saturday evenings’ programme during the monuments’ 100-year celebrations. Under the direction of Marilise van Rooyen and accompanied by Johan Cromhout, the group consists 240 learners from St. Michaels, Eunice, Grey Secondary and Oranje Meisieskool.

The St Michael’s School for Girls Chapel Choir has developed to become one of South Africa’s best girls’ choirs in recent years. The choir’s main purpose [...]

Idees 100 is vól planne

Anton Roodt en Liezl Swart

Met die eeufeesvieringe van die Nasionale Vrouemonument hierdie jaar word ‘n verskeidenheid opwindende inisiatiewe geloots. IDEES 100 is só ‘n projek, ‘n voorstel van Roodt Argitekte in Bloemfontein.

 IDEES 100 is eerstens ‘n reeks projekte wat daarop gemik is om die terrein van die Vrouemonument en Oorlogmuseum op ‘n geordende, verantwoordelike en sensitiewe wyse te ontwikkel en tweedens om die ontwikkelingspotensiaal, bewaring en volhoubaarheid daarvan te erken en te verseker.

Die projekte is beplan om onafhanklik van [...]

Zumba dans skop fees af met groot pret!

Anneldé Rheeder

Wanneer vroue saamkom voel hulle sterk en trots. So sê Annelde Rheeder en Belinda Viljoen, twee hoë-energie instruktrises wat die ZumBA fiksheids-dans klas aanbied Saterdagoggend, 19 Oktober 08:00 by die Vrouemonument.

ZumBA het in Aug 2013 sy eerste bestaansjaar op die UV-kampus gevier en bied klasse aan vir beginners, oud en jonk.  Belinda Viljoen het as instruktrise op aanvraag van die “Health and Wellness Centre” die klasse by die Callie Human saal begin aanbied en later, danksy die groei [...]

Vrystaat-Versorging in Aksie bied tradisionele mark aan

Ben du Plessis

Getrou aan die VVA se tradisie om mense te ontwikkel en te bemagtig word ‘n tradisionele feesmark tydens die Nasionale Vrouemonument se 100-jaar herdenkingsfees aangebied.

VVA takke van dwarsoor die Vrystaat gaan die geleentheid hê om hulle produkte uit te stal en te verkoop. Spesiale artikels vir hierdie feesviering is gemaak soos byvoorbeeld: Voortrekker kappies, tolletjiebreiwerk, dolosse,  en vele meer.

 

Daar sal ook ‘n demonstrasie van die tradisionele wyse van seepkook wees wat ook te koop aangebied sal word. [...]

Wapadrand Boeredansgroep gereed vir 100-jaar feesvieringe

Danette Smith
“Net soos die gebeure wat versinnebeeld word deur hierdie monument deel van ons wordingsgeskiedenis is, is boeredanse deel van ons geskiedenis en hierdie fees is sekerlik nodig om ons daaraan te herinner wat ons volk gebou het tot wat ons is en selfs nog kan wees.” 
 

Die Wapadrand Boeredansgroep neem Saterdagaand deel aan die Nasionale Vrouemonument se 100-jaar feesvieringe met hul tradisionele boeredansvorme. Op die maat van lekker boeremusiek word gechoreograveerde voorbeelde van al die boeredansvorme vertoon [...]

Voortrekkers beplan vlae- en fakkel seremonie

Willie Engelbrecht

Ongeveer 500 Voortrekkers gaan die 19de Oktober deelneem aan ‘n skouspelagtige seremonie om die aand se verrigtinge af te skop. Sonder om te veel weg te gee, kan fakkels, vlae en ‘n herdenkingsgebaar aan die vroue en kinders wie gesterf het in die Anglo-Boereoorlog verwag word. Die tema van die seremonie is om die Afrikaner se hart weer warm te laat klop vir ons erfenis.

Die Voortrekkers is op 30 September 1931 gestig as ‘n Afrikaner Jeugbeweging. Die beweging [...]

Skilder van Brandfort skenk skildery van Emily Hobhouse in 2013 aan Vrouemonumentkommissie

Corlietha Swart

Mev. Marina Scheepers, kunstenares van Brandfort, het ‘n skildery van die ABO-rolspeler, Emily Hobhouse, vir die Vrouemonumentkommissie geskilder ter viering van die Vrouemonument se eeufeesvieringe in 2013.

Die skildery is aan Corlietha Swart, lid van die Vrouemonumentkommissie oorhandig wat na die skilderyskenking verwys het as een van die groot hoogtepunte tydens die Vrouemonument se eeufeesjaar. Die geleentheid het plaasgevind tydens die Oorlogsmuseum se Vrouedagvieringe op Vrouedag waartydens ‘n kort lesing deur me. Vicky Heunis van die oorlogsmuseum oor Emily [...]

Aanval op ‘n blokhuis

MC Heunis

Teen September 1900 was die Britse kaartmakers gereed om die hele Suider-Afrika, insluitende die twee Boererepublieke van die Oranje Vrystaat en die Transvaal, in rooi oor te verf.  Maar al was beide Bloemfontein en Pretoria in die hande van die magtige Britse Ryk en byna die helfte van die Boereleers gevange geneem, het die Britse weermag vinnig besef dat die Boere nog nie oorwin was nie…

Die vinnig bewegende Boerekommandoes het hul taktiek verander en ‘n guerrilla oorlog oor [...]