This website is also available in: Afrikaans

Colin Steyn

Colin Steyn, nasaat van voormalige Pres. M.T. Steyn, tydens die Burger Monument Kranslegging seremonie. Foto: Surita Lewis

Gert Theart

‘n Kranslegging seremonie is vir die eerste keer op 25 Mei hierdie jaar gehou ter nagedagtenis van Burgers wat tydens die Anglo-Boereoorlog hul lewe op kommando verloor het, hetsy dood op die slagveld, dood aan wonde, siekte of ongelukke.

Verskeie organisasies is genooi om aan die verrigtinge deel te neem. Onder die organisasies is die Vrijstaat Wapenversamelingsverening se Oorlogspoort Kommando, die Vriende van die Oorlogsmuseum, Oorlogsmuseum van die Boere Republieke, Vriende van die Presidensie, Mofs, Bloemfonteinse Afrikaanse Kultuurraad, Rapportryers, Vrouemonumentkommissie en die Voortrekkers.

Die verrigtinge is afgesluit met ‘n Bittereinde-gedenklesing, met M.G. Heunis as spreker. Die tema onder bespreking was bandeliere tydens die Anglo-Boereoorlog.

Die seremonie gaan nou jaarliks plaasvind. Enige organisasie of instansie is welkom om aansoek te doen by die bestuur van die Vriende van die Oorlogsmuseum indien hul aan die dag wil deelneem.

Click here for photos of the event