This website is also available in: Afrikaans

Die jaarlikse OMS-Straatmyl vind op Donderdag, 29 Augustus 2013, by die Nasionale Vrouemonument plaas. Hierdeur  kry die publiek die geleentheid om hierdie gedenkwaardige terrein te besoek as deel van die eeufeesvieringe.

Die inskrywingsgeld is R 20. Dit sluit ʼn spesiale medalje, asook ʼn koeldrank na afloop van elke wedloop, in.

Inskrywings  kan vanaf 15:30 by die Vrouemonument gedoen word.

 

Seuns & dogters / mans & dames in dieselfde kategorie neem saam deel.

Wedloop Afdeling Tyd
Wedloop 1 O /11 & O /13 (Laerskoolatlete) 16:25
Wedloop 2 O /15  (Gr .8 & 9) 16:40
Wedloop 3 O /19 ( Gr . 10-12) 16:55
Wedloop 4 Seniors (Studente – 39 jaar) 17:15
Wedloop 5 Veterane &  Meesters 17:30
Prysuitdelings 17:45

 

  • Die eerste drie posisies per kategorie kry  pryse    –   vir O /11 & meesters is daar slegs  ʼn wennersprys.

 

  • Daar sal ook gelukspryse wees.

 

  •  NB!: Die Spur sal heerlike burgers en aanvullende koue koeldrank en water te koop aanbied.

OMS Straatmyl 2013