This website is also available in: Afrikaans

Mev. Marina Scheepers en Mej. Corlietha Swart.

Mev. Marina Scheepers en Mej. Corlietha Swart.

Corlietha Swart

Mev. Marina Scheepers, kunstenares van Brandfort, het ‘n skildery van die ABO-rolspeler, Emily Hobhouse, vir die Vrouemonumentkommissie geskilder ter viering van die Vrouemonument se eeufeesvieringe in 2013.

Die skildery is aan Corlietha Swart, lid van die Vrouemonumentkommissie oorhandig wat na die skilderyskenking verwys het as een van die groot hoogtepunte tydens die Vrouemonument se eeufeesjaar. Die geleentheid het plaasgevind tydens die Oorlogsmuseum se Vrouedagvieringe op Vrouedag waartydens ‘n kort lesing deur me. Vicky Heunis van die oorlogsmuseum oor Emily Hobhouse gelewer is en o.a. studente van die UV se universiteitskoshuis, Emily Hobhouse, ook teenwoordig was.

Vir meer inligting rakende die fees geleenthede kyk gerus hier.