This website is also available in: Afrikaans

Voortrekker WapenWillie Engelbrecht

Ongeveer 500 Voortrekkers gaan die 19de Oktober deelneem aan ‘n skouspelagtige seremonie om die aand se verrigtinge af te skop. Sonder om te veel weg te gee, kan fakkels, vlae en ‘n herdenkingsgebaar aan die vroue en kinders wie gesterf het in die Anglo-Boereoorlog verwag word. Die tema van die seremonie is om die Afrikaner se hart weer warm te laat klop vir ons erfenis.

Die Voortrekkers is op 30 September 1931 gestig as ‘n Afrikaner Jeugbeweging. Die beweging se uitgangspunt in 2013 word in slegs vyf woorde saamgevat:

Jong Afrikaners as uitnemende leiers

Vir meer as 80 jaar maak die Voortrekkers ‘n daadwerklike merk as ‘n uitstaande Afrikaner jeugbeweging en is tans die enigste van sy soort. Met die doel om die wese en betekenis van die monument aan die jeug oor te dra en die Afrikaner kultuur, taal en erfenis uit te bou staan die Voortrekkers aan die voorpunt.

Vir meer inligting rakende die Voortrekkers, besoek graag hul webblad by Hou Koers!