Bymekaarkomplek

Kulturele en Geestelike Bymekaarkomplek

Die Vrouemonument is ‘n plek waar mense vir kultuur en godsdiens bymekaar kom. Kerke, skole, kommando- en kultuurgroepe maak van die plegtige binnehof gebruik om ernstige oomblikke te vier of seremonies te hou. Van die gereeldes onder hulle is die Meisieskool Oranje wat deur pres Steyn gestig is, Radio Rosestad en Die Voortrekkers. Hier kan ‘n kalender vir byeenkomste soos bespreek in ‘n jaar, ontwikkel word.